Entrepreneurship Food

Matiesous van Matieland

Teen die voet van Stellenbosch se berg. Dit is waar sy lê. ‘n Beloofde land. ‘n Plek waar studente hulself verloor… en vind. ‘n Plek waar wyn vloei soos vars water deur droë wingerdare. Sy het n manier om binne jou siel in te kruip en nes te maak, hetsy jy haar ontdek het op n wilde, wye sloertoer of iewers tussen klasloop en daardie lang aande wat lewenslank by jou sal bly. Sy is MATIELAND.

Dit is hier waar Louw Le Roux die stap geneem het om sy breingolf, MATIESOUS, ‘n werklikheid te maak – en ons is hom ewig dankbaar daarvoor. Matiesous is ‘n nektar wat selfs die goedkoopste papsak wingerdgriep kan troos. Hierdie wondersous is soos ‘n betroubare denimbroek – jy kan dit skaamteloos bo op, saam met, of binne in enige ding slinger. Glo my as ek sê… jou braaibroodjies sal nooit, ooit weer dieselfde wees nie.

Dit is soos moedersmelk, Louw se moeder om presies te wees…. dankie Tannie. Met jare se ondervinding roer sy die ervare houtlepel waarmee jy kleintyd slae gekry het. En danksy Aramax se Store-to-Door afleweringsdiens, kan jy nou jou geliefde Matiesous in ‘n japtrap bestel vanaf matiesous.co.za. Aramex se held in sy rooi en wit wa sal die volgende dag jou Matiesous na jou deur toe dra. Bestel maar meer as een bottel – jy kan my later bedank.

Niemand weet werklik hoe oud hierdie lewensveranderende familie resep is, of waar dit vandaan kom nie, maar hier is wat ek wel weet – ek is dankbaar Louw se ma het haar houtlepel vir meer gebruik as om net sy boude te roer!

Lees nog meer oor Matiesous en bestel aanlyn: www.matiesous.co.za

Matiesous Logo

Tags

About the author

Piérre Maré

With over 15 years experience working with blue chip companies in the fields of customer service, sales & marketing, he has a keen interest in technology and online marketing.

UPCOMING CAMPAIGNS